Siyathanda

Waar kan jy betrokke raak by die gemeente se uitreike na buite?

Broodjies vir straatkinders

Broodjies vir straatkinders ter ondersteuning van die Taman bediening.

Skakel Lida Masson by (021) 424-7574

Hulp aan minderbevoorregte mense

Kos vir kosbank in Ysterplaat (Bring asseblief nie bederfbare produkte na die kerk of kerkkantoor.)
Klere vir Klerebank in Ysterplaat, Ruyterwacht en vir Straatwerk. Enige ou klere wat jy nie meer kan gebruik nie, kan ander dalk nuttig vind.

Bring dit asseblief na die Kerkkantoor.

Selgroep reik uit na Ruiterwacht: Laerskool de Waveren

Elke jaar pak ons selgroep ‘n groot projek aan oor Kersfees. In die verlede het ons altyd uitgereik na minderbevoorregte kinders in kinderhuise en spesiale skole. Met vragte vol kersgeskenke het ons aan hul die Wonder van Kersfees verkonding.

Vanjaar het ons die behoeftes op ‘n ander manier aangespreek. Durbanville kinderhuis se kinders gaan jaarliks terug na ouers wat dikwels nie genoeg kos het vir hul kinders nie. Ons gemeente het kos ingesamel en dit aan die kinderhuis voor Kersfees gaan oorhandig.

Maryke Hewett Nuusbrief

Een van ons lidmate, Maryke Hewett is betrokke by ‘n uitreik in Betlehem. Net voor Kersfees het sy ons kom besoek en tydens ‘n erediens vertel van haar werksaamhede daar. Hier is ‘n skrywe wat sy aan ons gerig het.

Soos Kersfees nader kom besef ek net weer hoe bevoorreg ek is om te dien in die dorpie waar ons Koning gebore is. Jesus is baie lief vir Betlehem.

Angolatoer 11 Augustus tot 11 September 2010

ANGOLATOER 11 AUGUSTUS TOT 11 SEPTEMBER 2010

Op 11 Augustus 2010 het ek en Andries Louw weereens (soos reeds elke jaar vir die afgelope 10 jaar) uit Kaapstad vertrek om in Angola die Jesus-film (wat deur Campus Crusade vervaardig is en dele van die Lukas Evangelie uitbeeld) in soveel moontlik van die dorpe te wys. Na elke filmvertoning is die aanwesiges uitgenooi om agter te bly en dan is met hulle oor hul geloofsekerheid  gepraat en aan diegene wat dan vir Jesus aangeneem het, is Bybels uitgedeel.

Lavonne Bosman

Lavonne Bosman is ons sendeling in Koffiebaai. Maak gerus onderstaande skakels oop vir Lavonne se nuusbriewe:

Maryke Nuusbrief - Junie 2011

Groete en seenwense aan jul almal vanuit die Midde Ooste!

Indien jul die nuus dopgehou het die vanaf die begin van die jaar, sal jul almal saamstem dat 2011 inderdaad beide ‘n uitdagende en opwindende tyd is om in die Midde Ooste te dien.

Maryke Nuusbrief - Augustus 2011

Groete en seenwense aan jul almal vanuit die Midde Ooste!

Indien jul die nuus dopgehou het die vanaf die begin van die jaar, sal jul almal saamstem dat 2011 inderdaad beide ‘n uitdagende en opwindende tyd is om in die Midde Ooste te dien.

Anja Maree Nuusbrief

Maak onderstaande skakel oop vir Anja se nuusbrief:

Anja Nuusbrief

Lees hier:

Anja Oktober Nuusbrief