Eredienste

Ons het twee eredienste, elkeen met ‘n verskil in spiritualiteit:

Oggenderediens: 10:00
‘n Meer tradisionele diens, met ‘n dinamiese en sinvolle liturgie. Hier aanbid ons die Here Jesus met stilte, sang, musiek en woordbediening.

Aanddiens: 19:00
Tydens hierdie diens is die musiekbediening meer gerig op lofprysing en aanbidding. Die gemeente word deur die jongmense begelei op klavier, viool, baskitaar en voorsangers. Die woordbediening word gerig om mense voor te berei vir die week.

Kinders en Kategese

In Tamboerskloof is kinders, klein en groot, welkom! Hiervan getuig ons moederskamer en die manier waarop die erediens ingerig word. Tydens die oggenddienste word 5 minute ingeruim vir ‘n boodskap aan die kinders. Daarna verlaat hulle die kerk vir kategeseklasse. As die diens uit kom, is hulle saam met hul ouers gereed om huistoe te gaan.