Maryke Nuusbrief - Augustus 2011

Groete en seenwense aan jul almal vanuit die Midde Ooste!

Indien jul die nuus dopgehou het die vanaf die begin van die jaar, sal jul almal saamstem dat 2011 inderdaad beide ‘n uitdagende en opwindende tyd is om in die Midde Ooste te dien.
Alhoewel baie nasies swaarkry, onderdruk en vervolg word deur owerhede, besef ons ook dat dit ‘n tyd is wat God hierdie lande en nasies besig is om te verander, onreg word raakgesien en baie veg vir hul regte. Dit is ook ‘n tyd van desperaatheid, mense het God se genade nodig, Sy nabyheid en liefde soos nooit tevore. Dus vind ons ‘n toenemende aantal Moslems se harte oop vir die liefde van Jesus en die Waarheid.

My bediening in die Midde Ooste het in 2007 begin nadat die Here vir my Sy liefde openbaar het vir die Moslems. Ek het opleiding ontvang in Jordanie deur YWAM (sendingsorganisasie) en is vandaar na Betlehem, Wes Bank, om op kerk planting en ‘mercy ministry’ te fokus. In 2010 is ek na Saoedi Arabie om te werk en moontlikhede na te volg aangaande werksgeleenthede vir ander gelowiges wat daar wil dien.

Ek het die geleentheid aangegryp om in 2011 opleiding te doen saam met ‘n groep mense in Amman, Jordanie, wat ook ‘n hart vir Moslems het en ook spesifiek die visie het om in Saoedi uit te reik. Die opleiding is ‘n intense studie van die ‘message of the prophets’. Dit sluit in studies vanuit die Koran (heilige boek van Islam) asook gedeeltes uit die Bybel. Dit is ‘n studie wat reeds baie suksesvol was in die uitreiking na Moslems in Indonesie waar talle dorpe omgekeer is en Jesus in hul harte ontvang het.
Ons doen dit uit liefde en besef dat ‘n mens nie ander kan oortuig van die Waarheid nie, maar ons kan net die proses begin om hul oe en harte oop te maak vir die Waarheid sodat hul deur die werk van die Heilige Gees oortuig kan word van Jesus en die kruis. In die studie fokos ons op die ‘Khalifat Allah’ – die koningryk van God en die ‘straight path’. Ons vind ‘common ground’ tussen gedeeltes uit die Koran en die Bybel en wys vir ons Moslem broers en susters dat dit duidelik in die Koran geskryf is dat hul die ‘Injeel’ – Nuwe Testament moet volg. Dus, het die Here vir ons ‘n metode gewys waarop ons die Koran kan gebruik sodat Moslems se oe kan oopgaan vir die Waarheid en sodat hul gemaklik kan wees om studies uit die Bybel te doen. Ons leer ook Arabies, wat noodsaaklik is om hul harte te bereik deur die Boodskap.

Ons vra vir jul voortdurende gebed, dit is wonderlik om deel te wees van die werk van Christus en te sien hoe Moslems (wat nou hulself noem: ‘Muslims who believe in Jesus’), se lewens verander word deur die bloed van Jesus.

Baie liefde en groete
Maryke