Sending uitreike na Angola
Skakel: Versoeke vir Voorbidding
Dit is welbekend dat Angola sedert die middel 1970’s in ‘n burgeroorlog betrokke was wat eers ‘n paar jaar gelede ten einde geloop het. Hierdie oorlog het veroorsaak dat infrastruktuur soos paaie, watervoorsiening, rioleering, handelsnetwerk, ens. haas vernietig, en die plaaslike bevolking geweldig getraumatiseer was. Sendingwerk vanuit die buiteland was baie afgeskaal, en die Kerke in Angola moes tot op ‘n groot mate op hulle eie regkom.
‘n Klein delegasie van Tamboerskloof NG Kerk besoek Angola sedert 1999 elke jaar vir ‘n periode van 1 maand. Die doel is om in samewerking met die plaaslike Angolese Kerk, die Jesus Film in so veel moontlike dorpies te vertoon, mense te lei hoe om Christus as persoonlike Verlosser aan te neem, en Bybels uit te deel.
Dit is gevind dat ‘n paar kerkgenootskappe soos bv. Katolieke, Luterane, Metodiste, Apostoliese Geloofs Kerk, ens., redelike gevestigde gemeenstes in die paar groot stede het, maar dat die kleiner dorpies word bedien deur klein, gefragmenteerde denominasies. Die Leraars was meestal swak opgelei, en kennis van die Evangelie baie rudimenter. Bybels was haas onverkrygbaar. In vele gemeenteties het slegs die “leraar” ‘n Bybel gehad. Die oes was voorwaar wit op die lande. Hierdie situasie het uiteraard ‘n groot geleendheid vir sendingwerk in Angola geskep.
Die jaarlikse besoeke word tans gedoen in samewerking met die Apostolisie Geloofs Kerk van Angola (IFA) en ICUSE Kerk. Die Jesus film word op die dorpies se sokkervelde in een van 4 plaaslike tale vertoon (Portugees, Umbundu, Chokwe of Luvale). Bywoning is gewoonlik tussen 300 en 3000. Die afgelope 11 jaar is die film al ongeveer 150 keer gewys, het ongeveer 140000 mense die film gesien.
Na die vertoning word toeskouers uitgenooi vir persoonlike gesprek oor hoe om Christus as persoonlike saligmaker aan te neem. Na gesprek word Bybels voorsien aan persone wat aandui dat hulle Christus wil aanneem. Hierna word hulle voorgestel aan die plaaslike Kerk, of as daar nie een is nie, word hulle in ‘n bybelstudie groep gereel, en onderneem IFA of ICUSE om so gou as moontlik ‘n gemeente daar te stig. Ongeveer 2500 Bybels is uitgedeel. Tydens elke besoek word omtrend 9000km afgelê.
Angola ontwikkel die afgelope paar jaar vinnig. Paaie, elektrisiteits voorsiening, televisie, ensovoorts. Binnekort sal die bywoning van die Jesus film vertonings baie afneem. Die tyd om te evangeliseer is dus nou! Die behoefte tans is nog steeds Bybels, opleiding vir Leraars, en administratiewe/finansiele opleiding van gemeenteleiers.
Skakel vir Danie by 084 562 2688 of die kerkkantoor by 021 424 5804.

