U kan u bydraes gee deur dit in die spesiale dankofferbussie agter in die kerk te gooi, by die Skriba in te betaal of om dit elektronies oor te betaal direk in ons bankrekening.

Ons bankbesonderhede is:

NG Kerk Tamboerskloof Investec CCM (Dui asb aan van wie dit kom.)
Tak kode: 580105
Rek no: 50013500427

Oorweeg asseblief u bydrae biddend voor die Here.

“Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak, en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.”

Maleagi 3 vers 10

Bydraes per debiet order. Laai die vorm hier af  en faks of epos terug na die kerkkantoor

Bankkollekte en spesiale bydraes kan ook betaal word d.m.v SNAPSCAN. As u ‘n slimfoon het, is dit baie maklik. Laai net die Snapscan app af deur na ‘n spesifieke platform te gaan soos Apple Store, Google Play of Blackberry World. Hierna vul u bankbesonderhede in en kies ‘n geheime PIN-nommer om u kaartbesonderhede veilig te stoor op u selfoon. Vir vrae en gemoedsrus gaan na Frequently asked questions op die Snapscan webblad of volg die die skakel – http://www.snapscan.co.za/faq). Wanneer u ‘n bydrae of donasie wil maak, maak u die SnapScan app oop, skandeer die kode van die instansie (NG Kerk Tamboerskloof sal outomaties opkom), bevestig die bedrag en keur die transaksie goed met u PIN-nommer. U ontvang dan ‘n boodskap op u selfoon om te bevestig dat die bydrae of donasie deur is. SnapScan gebruikers en instansies hoef nie aan ‘n spesifieke bank te behoort nie.

snapscan