10862600_237557469912438_2289346788568082847_o

Ons Basaar is op die eerste Saterdag in Maart elke jaar. Op Tweede Nuwejaar begin ons al met die beplanning en gewerskaf. In die hitte gaan haal ons druiwe; lê ons perskes in; karwei ons boeke en wit olifante rond; bel ons mense vir gunsies en gawes – alles net om genoeg geld in te samel om ons boeke te laat klop en die gemeente en gemeenskap te dien. Help ons asseblief. ‘n Skrywer woon elke Woensdagaand die vergaderings in die konsistorie by en skryf dan ‘n basaarbrief wat pleidooie rig en die reëlings sover op datum te bring.